HEERLIKE SWART MOSSELS IN DIE OOND
Pak mossels oop in oondbak.
Smelt 2x 500g blokke regte botter.
Voeg nou halwe koppie fyn knoffel en aromat by.
Gooi die bottermengsel oor die mossels.
Skep mayonaise op elke mossel.
Strooi gerasperde kaas bo-oor.
Maak toe met foelie en bak vir 10min teen 180.
Haal foelie af en bak verder tot kaas lekker bruin raak.
Bedien met warm potbrood
Nota: ek smelt 2 x 500g botter. Ek glo maar aan “improvise” want ek doen my eie ding. As dit n kleiner oondbak met minder mossels is sal jy minder gebruik. Sorg net dat onderkant toe is met botter aangesien die mayo en kaas lekker inloop en is dan heerlik as jy jou broodjie deur die sous trek.
Bron en Foto: Lindi Botha Davis