ERICA SE VINNIGE “FRYJACKS”


ERICA SE VINNIGE “FRYJACKS”
Vanoggend gou fryjacks gemaak vir ontbyt, ek het nie brood in die huis gehad nie.
2 koppie bruismeel, 3 teel bakpoeier  en knippie sout saam gesif
sny ‘n eetlepels botter in die meel in tot die meel soos krummels lyk, voeg bietjies-bietjies 1 kop water by terwyl meng/knie tot nie klewerige deeg, deel deeg in 2, laat staan vir 20 min.
Rol uit so 1 cm dik, sny in 8 stukke, braai in olie tot bruin.

FOTO EN RESEP:  Erica Barker