EIER WOLKIES

EIER WOLKIES

4 eiers geskei
sout en peper na smaak
½ kop gaar gekapte spek
¼ kop gerasperde kaas

Klits die eierwitte tot styf.
Vou die res van die bestanddele by.
Skep 4 hopies op ‘n bakplaat en maak ‘n gaatjie met die agterkant van ‘n lepel.
Bak teen 230°C tot die hopies ‘n egalige ligte bruin is, so 6 tot 8 minute.
Skep nou versigtig ‘n eiergeel in elke gaatjie en bak nog 3 tot 6 minute, afhangende van hoe jy van eiergeel hou.

Bron en foto: Adri Redlinghys