CARLIEN SE TUISGEMAAKTE WARM SJOKOLADE
Ek maak ‘n stropie aan van
½ koppie kakao
½ koppie melk
½ koppie gesmelte botter
½ koppie suiker
½ teelepel vanielje geursel en
½ teelepel sout
Kook dit saam vir ‘n minuut en skep dan 2 eetlepel stroop per koppie en klits kookmelk by.
Geniet dit saam met jou gunsteling sjokoladekoekie (myne is Romany Creams met donker sjokolade op).
Wat oor is bêre ek in ‘n glasflessie in die yskas tot volgende keer.
RESEP: Carlien Coetzee