BEKERTJIE MALVA NAGEREG
250 ml koekmeel
30 ml botter
250 ml melk
7 ml koeksoda
2 eiers, geklits
25 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap
Verhit oond tot 180°C.
Vryf botter in meel tot dit soos broodkrummels lyk.
Meng melk met koeksoda.
Voeg al die ander bestanddele by (nie meelmengsel) en meng goed.
Maak holte in meelmengsel en gooi melkmengsel in en roer goed.
Mengsel is BAIE loperig.
Spuit 4 blikbekers met kleefwerende kossproei.
Gooi mengsel in bekertjies.
Plaas bekertjies op ‘n bakplaat en bak vir ongeveer 45 minute. Toets met ‘n pennetjie om seker te maak dat dit gaar is.
Laat afkoel vir 10 minute.
Sous:
250 ml room
250 ml suiker (kan minder ook wees)
1 eier geklits
Meng alles en giet oor afgekoelde nagereg.
Bak verder vir 10 tot 20 minute in matige oond tot sous dik word
Nota: op die kamp vuur: Bak in jou platboompot met klein bietjie water in en met die deksel op tot gaar.
Foto: Ingrid Malan Kitshoff
geskuif
done