VETKOEK DEEG MET ASYN
8 koppies meel
2 tl sout
1 tl wit asyn
1 pakkie suurdeeg (10g)
4 koppies lou water.
Gooi die meel en suurdeeg in ‘n knie skottel, meng jou water en asyn en meng in by jou meel.
Knie aangemaakte deeg goed, laat een uur rys, knie af en maak balletjies. Smeer hande met klein bietjie olie om te knie. Bak in warm olie. (toet met klein stukkie, wanneer jy dit in die olie gooi moet hy dadelik opkom. Nou kan jy jou vetkoeke een een insit en bak. Olie sal ophou borrel as die vetkoek gaar is.
Ek het gekerfde hoederblokkies gemaak met gemengde groente en n dik sous en saam bedien.
Resep en foto: Wendy Roberts Jv Rensburg
done