TUISGEMAAKTE PEANUT BUTTER- GRONDBOONTJIEBOTTER
Vat jou peanuts (rou grondboontjies), bak in die oond tot dit mooi bruin is. Haal uit en sit dit dadelik in jou blender/liquidizer.
Sit aan vir 1 min. Skraap kante mooi af. Gooi bietjie olie in en stroop/heuning met sout na smaak.
Blend dit dan totdat dit ‘n botter begin raak.
Skraap weer die kante skoon. En blend verder tot wanneer dit vir jou reg is.
Jy kan dit letterlik met enige neute doen! Jy kan ook enige iets bysit vir smaak….
Foto: Johan Haarhoff
Resep: Johan Haarhoff
done