SJOKOLADE MODDER POEDING
Oond 180°C
Klits alles saam in mengbak:
1 ¾ koppie suiker
1 koppie bruismeel
½ koppie gesmelte botter
4 groot, geklitste eiers
1/3 koppie kakaopoeier
2 teelepels kitskoffiepoeier
1 teelepel kaneel
½ teelepel sout
2 teelepels vanilla geursel
As te droog, gooi bietjie melk by en klits deur. Skep in diep poeding oondbak en bak vir 30 minute tot gaar. Die poeding moet nog sag in middel wees. Eet met roomys.
Resep geplaas deur Elizabeth Frylinck Claassens
Foto: Elizabeth Frylinck Claassens