SANDRA SE SPONSKOEK MET VLA EN KANEELAPPEL LEKKERTE
Sponskoek (gekoop)
500 ml Vla
Bruinsuiker soos verkies
Appels, in skywe gesny
Kaneelsuiker
Ek het sommer sponskoek gekoop, skywe gesny. Laag gepak in bak, so 500ml vla gemaak met bietjie bruinsuiker. Appels in skywe gesny, kaneelsuiker oorgestrooi en net so n paas draaie in mikrogolf laat gaan. Laag kaneelappels bo-op sponskoekskywe gepak, toe weer laag sponskoekskywe gevolg deur vla. Toe koekkrummels bo oor. Gebak in oond by 150 ºC tot krummels verbruin. Sal nog piesangskywe bysny.
Foto en idee: Sandra Schreuder-de Klerk
Nota: Rina Kleinhans – Vir die vla kan jy 500 ml melk, 50 ml vla poeier en 50 ml suiker meng en in die mikrogolf kook, roer baie gereeld tot dik genoeg, indien te dik voeg nog melk by tot regte dikte.