MAKETAAN STUKKONFYT
Skil die maketaan.
Sny in skywe
Verwyder die pitte en binneste vlesige gedeelte. (jy kan jam daarvan kook)
Nou prik jy daardie skywe baie deeglik aan alle kante
Weeg dan voor jy die skywe in stukkies sny.
Nie te groot nie maar ook nie te klein nie …so 4cm.
Sny dit dan in blokkies en plaas dit in kalkwater oornag.
12,5 ml kalk op ‘n liter water.
Laat die kalk baie goed afsak voor jy die water oorgiet.
Volgende oggend kook jy jou stroop:
kg vir kg en 4 x 250ml water op elke kg.
Maak ekstra want die stroop kook baie weg.
Voeg ook stuk gekneusde droë gemmer by asook sap van n suurlemoen.
Laat 2 minute kook.
Hou warm.
Spoel die geweekte stukke deeglik af en bring in skoon water tot kookpunt.
Dit moet goed vir 10 minute kook voor jy dit uitlig, dreineer en in warm stroop plaas
Bring tot kookpunt en laat ten minste 2 ure kook
Laat oornag en kook dan volgende dag tot glansend en stroop lekker dik is.
Bottel warm.
Resep en Foto: Greta Bester