DJ’S KOEJAWEL SPONS NAGEREG
bestandele:
1 blik 410 gr koejawels (koo)
1 pakkie rooi jellie
200 ml kookwater
250 ml melk
2 hoogvol teelepels maizena
100ml koue water
2 eetlepels suiker
4 groot eiers geskei
kersies of extra koejawel skywe en geklopte room vir garneering
metode:
maak jellie aan met kookwater
in verwerker met kaplem
voeg koejawels en jellie mengsel – meng goed tot koejawels fyn gekap is.
skei eiers
bring melk tot amper kookpunt, verwyder van hitte
meng in n klein bakkie
maizena, suiker, 100 ml koue water en eier gele meng goed – voeg die mengsel by warm melk en plaas terug op hitte tot verdik en gaar. laat pot afkoel in n bak met yswater . sodra afgekoel voeg by koejawel mengsel – plaas in yskas tot dit amper begin stol. klits eierwitte tot stywe punt stadium en vou met n houtlepel in koejawel mengsel – plaas oornag in yskas voor bediening versier met kersies en vars styfgeklopte room
Bron: eie resep en foto / resep genoem na my seun – Tessie Pretorius
One thought on “DJ’S KOEJAWEL SPONS NAGEREG”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif