ALTA SE APPELKOOSKONFYT
8 kg appelkose ontpit en halveer
8 kg suiker
16 Eetlepels suurlemoen
3 stukke gemmer per 8 kg appelkose
Pak lae van suiker en appelkose, en laat oornag staan dat suiker kan oplos. Kook volgende dag, voeg vir elke kilogram 2 Eetlepel suurlemoen sap by , en so 3 stukke gekneuse gemmer stukke. As konfyt kook, skep aanhoudend skuim af, ek smeer my kastrol met bietjie botter al om rand van kastrol vir oorkook. As konfyt reg is, gebruik ek my stok blender om konfyt fyn te maak as jy n fyner konfyt wil hê. Bottel warm in gesteriliseerde flesse, ek steriliseer my flessies in oond,
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk
Kommentare:
Carlien Coetzee
Vir fynkonfyt versap ek sommer alles vooraf en roer die suiker by, dan is dit net vir kook en bottel die volgende more. Ek het so ‘n oulike emalje-bekertjie met ‘n lang steel, waarmee ek die konfyt skep. Minder kans vir brand so en dit gaan baie gouer as met ‘n soplepel. Lyk asof jy ook jou appelkose eers in die vrieskas gelos het tot jy kans gehad het om te kook? Ek versap myne ook, vries in 2 literbakke tot na die Kersseisoen.
Alta Gunter Van Dyk
Ek vries elke jaar my vrugte omdat ons in Outshoorn bly en genoeg kry van als,kook ook baie vinnig gaar, ek skep ook myne met bekertjie,