MARIETJIE SE VISKOEKIES MET TUNA
1 blikkie tuna
1 eier
1 gerasperde medium ui
1 sag gekookte aartappel (med) fyngedruk
pietersielie
sout
Bietjie kaas opsioneel
Meng alles tesame, maak koekies (druk effens plat) en hou in yskas vir so 30min. Bak in med warm (genoeg) olie en dreineer op kombuispapier. (moenie die aartappel met melk of water meng nie) Sou jy 3 blikkies gebruik sal ek voorstel gebruik net 2 eiers. Mengsel moenie te loperig wees nie. En olie nie aan die koue kant nie. ENJOY (o amper vergeet – gooi die tuna (met water) in sif en druk AL die water uit)
O ja, moenie koekies te gou omdraai nie – gee kans dat dit goed bak – draai om met eierspaan
Bron: Marietjie Le Roux
Foto: Juanita Vermeulen
Juanita Vermeulen
Ek het die resep op die blog gekry en gesien die resep is sonder ‘n gesiggie. Die resep het ook 5 bestanddele maar toe gooi ek ‘n koppie kaas by om dit 6 bestanddele te maak vir ons verjaarsdag uitdaging. Baie dankie vir die resep. Dit was heerlik. Lekker dag verder vir almal