1

EIERVRUG BROODJIE UIT DIE BOONSTE RAKKE

EIERVRUG BROODJIE UIT DIE BOONSTE RAKKE
½ koppie margarien
1 koppie suiker
2 eiers
2 koppies  koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Eiervrug, omtrent dieselfde hoeveelheid as 5 piesangs
1 teelepel vanielje geursel
½ teelepel sout

Kook eiervrug tot sag en maak fyn
Klits margarien en suiker tot romerig. Voeg vanielje geursel by.
Voeg eiers een vir een by. Klits goed.
Sif droë bestanddele en voeg by. Meng goed.
Voeg eiervrug by en meng goeg.
Gooi in gesmeerde pannetjie en bak 1 uur by 180 grade tot gaar.
Geniet!
Foto en resep:  Paul Snyman