OU BALLIE KERRIESLAAI
1 blik (820g) perskes in perskesap
1 blik (840g) pynappel stukkies
1 fles (390g) wit suur uitjies
37,5 kerriepoeier
37,5 wit suiker
100ml fyn appelkooskonfyt
Knippie sout
5 druppels tabasco sous
2 blikkies (420g) boontjies in tamatiesous
25ml mielieblom
Dreineer en snipper die perskes maar hou die sap. Dreineer die pynappelstukke maar hou die sap. Dreineer die asyn van die suur uitjies, voeg die perske- en pynappelsap, asook die kerriepoeier, suiker, konfyt, sout en tabasco sous by. Kook vir 10 minute.
Voeg perske snippers, pynappel stukke, heel uitjies en boontjies in tamatiesous by. Maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Kook vir 5 minute tot sous verdik. Laat afkoel.
FOTO: Hettie Swanepoel
2de foto: Taryn Rossouw
Baie dankie almal! Ek het een groot blik perske skywe, een blik pynappel stukkies, en een fles tuisgemaakte chilli sous gemeng. Ek het die perske en pynappel stroop dik gekook met ‘n pakkie soet suur sous en maizena. Almal het baie lekker geëet, selfs die kinders. Dankie vir al die raad!
Marinda Oosthuizen
ek het ‘n paar proefkonyne gehad, en een het die hele botteltjie leeg geëet, so ek dink dit kan werk