LEKKERSTE KOEK OF NAGEREG
Koek:
3 groot eiers
100 g sjokolade, gebreek (ek het Lindt gebruik)
375 ml sterk swart koffie (Instant Espresso)
5 ml vanilla
375 ml karringmelk
750 ml strooisuiker
625 ml koekmeel
375 ml kakao
10 ml koeksoda
3 ml bakpoeier
5 ml sout
180 ml olie
Klits die eiers en strooisuiker tot lig en donsig 5-10 min. Skink die warm koffie oor die sjokolade in ‘n bakkie en roer tot gesmelt. Gooi by die eiermengsel saam met die karingmelk en vanilla. Sif die droë bestanddele saam en voeg by, terwyl geklits word. Giet die olie in ‘n dun straaltjie by terwyl geklits word. Gooi deeg in 2 panne of ‘n groot oondpan bak 1 uur teen 150º. Laat die koek in die pan afkoel.
Bolaag:
500 ml room
1 bakkie marscapone
125 ml suiker
¼ koppie Kalua, of bietjie meer
5 ml instant Espresso poeier
5 ml vanilla
2 eetlepel kakao
Klop alles saam tot styf. Smeer oor koek, As jy nie lus is om koek te bak nie, breek ‘n pak choc chip koekies grof, gooi ‘n laag in ‘n bak en bedek met ‘n laag van die room mengsel. Herhaal lae en laat verkieslik oornag staan. Bedien as ‘n lekker yskastert.
Hierdie bo-laag is ook ‘n heerlike versiersel en vulsel vir groot koeke.
Bron en foto: Ilona Turner
geskuif