1

HOTDOG HAMBURGER EN BRAAIPAP SOUS


HOTDOG HAMBURGER EN BRAAIPAP SOUS
10 medium uie fyn gekerf
½ kop chutney
190 ml asyn
1 bottel (750 ml) tamatiesous (of 10 gekapte tamaties)
1 eetl kerriepoeier
60 ml worcestorsous
1 pak bruin uiesoppoeier met bietjie water aangemaak
750 ml water (of ½ kop suiker en 1 kop tamatiesous en 3 kop water) as gekapte tamaties gebruik word.
Braai uie in ‘n bietjie olie, (voeg dan gekapte tamaties by as dit gebruik word en laat prut vir ‘n ruk).
Voeg die res van die bestanddele by en laat deurkook tot dikker.
Bottel – kan maande in yskas bewaar word.

Bron: Hettie Pringle
Foto: Bianca Wendy Van Rooyen