1

GEMMERPATATS MET PIESANGS

GEMMERPATATS MET PIESANGS
1kg patats
100ml sagte bruinsuiker
60ml botter
4 piesangs
200g gemmerkoekies
Voorverhit die oond tot 180C
kook die patas in soutwater tot sag, dreineer en trek die velle af. Sny die patats in skywe. Plaas ‘n bietjie van die suiker en botter op die boom van ‘n oondvast bak met ‘n deksel. Pak nou lae soos volg bo-op mekaar tot alles op is en eindig met ‘n dik laag gemmerkrummels en klontjies botter, patats, piesangs, suiker,botter,krummels
sit die deksel op en bak sowat 45min lank.

Foto: Benhet Nieuwenhuis enĀ Elna Erasmus
Bron: Wenresepte 1

Was nogals lekker en nie so soet nie