ELSABIE SE GEROOSTERDE HOENDER IN GASOOND
Sit hoenders in vlekvrye staal bak, druk halwe suurlemoen in elke hoender, smeer met olie en strooi tannie Ina Paarman se Garlic & Herb speserye oor albei kante.
Gooi 3/4 koppie hoender ekstrak en 3/4 koppie witwyn in die oondbak.
Sit hoenders vir eerste 30 min op 175ºC op hulle rug.
Draai dan om vir volgende 30 min.
Draai terug op rug vir 15 min en bak tot die velletjie krakerig is.
Laat staan vir so 10 min voordat jy die hoender sny.
Ek bak dit oop, sit op geen stadium foelie of die bak se deksel op nie.
Moet erken die gasoond het baie te doen met die feit dat die vleis sappig is. Sodra gas verbrand gee dit vog af en dit is die rede hoekom vleis meer sappig is as wanneer in ‘n elektriese oond gerooster word.
Hierdie is my bak met vloeistof in gedurende die proses. Hou die vloeistof om ‘n lekker sous mee te maak indien jy rys saam met dit bedien. Of hou dit om later te gebruik vir ‘n basis vir sous.
RESEP EN FOTO: Elsabie Templeton
One thought on “ELSABIE SE GEROOSTERDE HOENDER IN GASOOND”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
geskuif