1

JOHAN SE TAMATIE RELISH EN SAP


JOHAN SE TAMATIE RELISH EN SAP
3 kg tamaties, net die vleis
500 ml sultana duif korrels
3 groot uie, fyn gekerf
500 ml suiker
500 ml asyn
250 ml olyfolie
10 ml mosterdpoeier
10 ml fyn droë gemmer
5 ml fyn naeltjies
5 ml fyn neut
5 ml all spice
10 ml sout
5 ml peri peri
Haal tamaties se skille af , druk sap en pitte uit en kerf die tamaties grof.  Kook alles saam tot verlangde dikte en bottel vir ‘n heerlike relish.
Gooi tamatie pitte en sap deur ‘n sif en bêre sap in yskas om te geniet as ‘n drankie.
Gooi sout peper en Worscestersous by sap na smaak en geniet dit.

Bron: Johan Coetzee