VULSEL VIR KLEIN KOEKIES, KOFFIE EN VLA
Hierdie vulsel is die beste. (Bron onbekend)
1/2 koppie Kondensmelk
250 gram Margarien
1 Koppie suiker
1 Teelepel Vanilla esens
1 Teelepel Koffie (Vir koffie koekies)
Kook kondensmelk botter en suiker saam. Roer tot mengsel kante van kastrol verlaat. Verwyder van stoof. Voeg die geursel by. Smeer tussen koekies.
Bron en Foto: Maxie Visser