PATATS MET GEMMER KOEKIES EN MALVALEKKERS
2 Pakkies gemmer koekies
1 pakkie patats
1 pakkie malvalekkers
Eerstens kook die patats
Terwyl die patats kook verkrummel die gemmer koekies.
Wanneer patats af gekoel het maak fyn.
In ‘n oond vaste bak begin jy met die eerste laag gemmerkoekies, dan ‘n laag patats en dan weer ‘n laag gemmerkoekies en die vierde laag patats.
Sodra jy klaar is met die gemmerkoekies en die patats pak jy die malva lekkers bo-oor.
Sit in die oond teen 160-180 grade totdat die malvalekkers gesmelt is.
Haal uit en geniet.
Bron en foto: Yolandie Diedericks