MEXIKAANSE ONTBYT
Braai die volgende in botter/olie/ spray a cook
1 pak sampioene ( skywe gesny)
1 ui gesny
1 Groen pepper grof stukke gesny
2 pakke bacon stukkies gesny
Voeg by:
1 blik bake beans
1 blik Boerie tamatie en uie mengsel
Maak nessies tussen kos breek eier in elke nessie oop vir soveel mense wat eet
Een eier per persoon.
Sit deksel op stoom tot eiers na keuse is.
Sit gerasperde kaas op
Sit vars gekapte koljander bo op
Skywe advokadopeer bo op
Stoom liggies
Bedien saam rooster brood.
Bron en Foto: Emma Beetge