GEVULDE MAALVLEIS AARTAPPEL MET MOSTERD KAASSOUS
Kook 1 groot aartappel op in soutwater met druppel olyfolie tot sag.
Braai ui tot bruin, voeg dan pakkie maalvleis saam met sout, peper, tiemie, Worcestersous na smaak by en braai tot gaar.
Maak basiese witsous en voeg kaas, Engelse mosterd poeier (so 1 tlp) by.
Laat aartappel afkoel en hol lekker diep uit.
Meng van die uitgeskepte aartappel by jou kaas sous as jy wil.
Skep maalvleis in aartappel, skep witsous/ fyn aartappel bo-op om dekseltjie te vorm.
Bietjie gerasperde kaas bo-op, en sprinkel paprika bo oor.
Bak tot kaas gesmelt en begin verbruin.
Bedien saam slaai.
Bron en Foto: Lelane Van Der Walt