1

ALTA SE MARULA KOEKIES

alta se marula koekiestested

ALTA SE MARULA KOEKIES
1190 g meel
510 g mielieblom
30 ml bakpoeier
5 ml sout
560 g magarien
9 eiers
660 g suiker
Amarula geursel (essens) (veronderstel om vanilla essens te wees, maar amarula smaak heerlik)

Meng meel, Mazeina, bakpoeier en sout in mengbak en vryf margarien in meel.
Klits suiker en eiers goed saam.
Voeg essens en eiermengsel by meel mengsel en meng goed.
Gebruik vleismeel se koekie maker en merk koekies eweredig af (ek gebruik ‘n mosterd blikkie).
Bak koekies vir ± 15 tot 20 min in 180ºC tot reg, sny weer op merkies en maak koekies los en laat afkoel.
Versier koekies met vulsel wat gegeur is met Amarula essens.
Koekie resep in my moeder se kerk resepte gekry.
Bron en foto: Alta Gunter Van Dyk