KORSLOSE SOUTTERT/QUICHE
(geskik vir Diabete)
Spek en kaas quiche
4 eiers
¾ koppie room
¾ koppie melk
½ koppie kaas
¾ koppie spekvleis, gaar of koue hoender of ham blokkies
1 teelepel vars gekapte pietersielie
sout en peper
1 meduim ui, fyngekap
1 eetlepel fyngekapte groen soetrissie, opsioneel
Klits jou eiers goed en voeg al die ander bestanddele by.
Gooi in jou tertpan en bak vir 35 – 40min. op 180ºC.
Ek gebruik dit as ‘n basis vir enige vulsel, enige groente is ook baie lekker in.
Geplaas deur Petra Pretorius Seaton
Foto: Bettie Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.