HEERLIKE LITCHI KOEK
2 koppies bruismeel
2 eiers
1 teelepel koeksoda (bicarb)
1 koppie suiker
1 medium blik litchi met sous, of fruit cocktail
Meng alles saam.
Bak vir ± 30 min tot gaar op 180 ºC in ‘n voorverhitte oond.
Maak sous:
3 eetlepels botter
½ koppie idealmelk
1 teelepel vanilla
1 koppie suiker
½ koppie fyn klapper, opsioneel
Kook alles saam en gooi oor warm koek.
Prik gaatjies in koek voor jy sous oorgooi.
Resep en foto: Elzetna de Bruin
geskuif