1

KOPKOOL MET SOUSVLEIS

kopkool-met-soutvleistested

KOPKOOL MET SOUSVLEIS
Dit is baie lekker as jy van kool hou! Volgende keer sal ek dit as bygereg bedien en nie as hoofgereg nie, maar dit was nogsteeds baie lekker.
1 kopkool, fyn gesny
1 ui, fyn gesny
sout en peper na smaak
1 blik (300 g) soutbeesvleis in blokkies
250 ml dik witsous
150 g gerasperde cheddar kaas
75 ml droë broodkrummels

Voorverhit oond tot 180°C.
Kook kool en ui in kookwater tot net gaar. Dreineer goed en geur met sout en peper.
Voeg soutbeesvleis by.
Meng witsous met helfte van die kaas en voeg by koolmengsel.
Skep in oondbak.
Meng broodkrummels met res van die kaas en strooi bo-oor. Bak 30 min.
Sit warm voor.
Foto:  Benhet Nieuwenhuis