ANGEL FOOD KOEK – SILWER SUIKERBROOD
Vir die koek
250 ml Koekmeel
430 ml Strooisuiker
9-10 ekstragroot Eierwitte
7 ml Kremetart
1 ml Sout
5 ml Vanilla
Vir versiersel
500 ml Room
15 ml Strooisuiker
5 ml Roos of Lemoenbloeisel water
250 ml Klappervlokkies
250 g vars Aarbeie middeldeur gesny
Stel oond opp 165°C
Sif koekmeel en 110 ml strooisuiker 4 keer saam
Klop die eierwitte in n bak totdat dit skuimerig raak
Voeg die kremetart en sout by en hou aan klop totdat dit sagte punte vorm
Klop nou die res van die strooisuiker bietjie vir bietjie by die eierwitte
Klop goed na elke byvoeging
Voeg vanilla by
Sif n dun lagie meel oor die suikermengsel
Vou sagkens in
Herhaal met die res van die mengsel
Gooi in ongesmeerde ringpan ( ek het n silikoon ringpan gebruik)
Bak vir n uur
Keer die pan op n draadrakkie om en laat die koek heeltrmal afkoel voordat jy dit uit die pan haal
Klits room styf en voeg strooisuiker en rooswater/ lemoenbloeiselwater bt
Versier koek en plaas aarbeie bo-op
Strooi klapper oor (opsioneel)
Sny koek met getande mes
Eie foto: Marieta James