SONJA SE MIKROGOLF JOGURTTERT
1 liter Bliss Volroom Jogurt (geur van jou keuse)
1 blikkie kondensmelk
1 tot 2 pakkies Tennisbeskuitjies
Pak ‘n laag beskuitjies onder en langs die kant van ‘n tertbak (ek breek die beskuitjies in die helfte anders steek dit te ver uit)
Meng jogurt met kondensmelk en gooi helfte van die mengsel in die tertbak bo op die beskuitjies.
Pak nou nog ‘n laag beskuitjies en gooi laaste van beslag bo op.
Sit in mikrogolf vir so 4 en ‘n half minute (afhangende van hoe sterk jou mikrogolf is).
Haal uit, laat heeltemal afkoel.
Sit in yskas vir so uur of twee.
Versier soos jy verkies.
Ek het die Melktertgeur van Bliss gebruik en gesnyde perskes bo-op geplaas met geklopte room.
Ek hou van die lagie beskuitjies tussenin, dit smaak definitief baie lekkerder.
FOTO: Sonja Young