1

RONELL SE BURGER PATTIE EN TAMATIE SOUS

burgertested

RONELL SE BURGER PATTIE EN TAMATIE SOUS
Resep vir patties.

750G kwaliteit maalvleis,
fyngekapte ui,
2 geklitste eiers.
Sout en peper en spices.
Bietjie asyn. 2 eetl.
Meng alles goed saam. Maak 8 groterige bolletjies. Vat n ricoffyblik se deksel gesmeer met bietjie olie. Druk lekker plat.
Bak in warm olie en draai net eenkeer om. My patties het glad nie gekrimp.

STEW SOUS RESEP. Nie n moet kan jou eie sous gebruik.
2 groot uie opgesny en gebraai.
Sny 4 medium tamaties op en voeg by.
Braai op 5 anders is dit te waterig. Voeg sout en peper by asook bietjie suiker na smaak. Prut tot sous bietjie minder is. *
Haal af sodra dit gaar en reg lyk.
Die orige stew het ek gebruik vir hotdogs by die burgers.
Bron en resep: Ronell Muller Boshoff