PAMPOENPOFFERTJIES MET KARAMELSTROOP
Die poffertjies is die gewone pampoenkoekie se wulpse niggie. Goudbruin, soet en stroperig. Groente was nog nooit so lekker nie!
Poffers
750 g gaar pampoen, goed fyn gedruk (verkieslik pampoen met blou skil)
knippie sout
2 eiers geklits
500 ml bruismeel
15 ml bakpoeier
olie, vir diepbraai
Stroop
500 ml witsuiker
250 ml water
125 ml melk
45 ml botter
knippie sout
10 ml mielieblom
15 ml koue water
5 ml fyn kaneel
Klits die pampoenmoes, sout, eiers en bruismeel saam, voeg die bakpoeier by en meng goed deur.
Braai teelepelsvol in warm olie tot opgepof en goudbruin.
Skep uit met gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en hou warm.
Vir die stroop:
Verhit die suiker, water , melk, botter en sout saam tot kookpunt.
Meng die mielieblom, kaneel en water en roer by die stroop.
Prut, terwyl geroer word, tot effens verdik en giet oor die poffertjies.
Sit warm voor.
Lewer 40 poffertjies.
Resep voorsien: Christel Swart
Foto: Frances Smith
geskuif