OUMA SE SMOORSNOEK MET ‘N VARIASIE
1 hele vars snoek
6 aartappels
3 uie
swartpeper en sout
1 blikke tamatiepuree(opsioneel)
rys
Sny die snoek in stukke, plaas in ‘n pot met water en laat dit kook tot sag.
Haal die snoek uit die pot, pluis die snoek (haal die grate uit), sit terug in die water waarin dit gekook het.
Sny die 6 aartappels in blokkies en voeg die uie by, kook tot die aartappels amper sag is.
Kap die 3 uie rof op, en braai dit met botter in ‘n aparte pan.
As die aartappels byna reg is, voeg die uie by en kook dit saam vir ‘n paar minute.
Roer ‘n koppie water saam met die tamatie puree en voeg by mengsel.
Voeg swartpeper en sout by na smaak. Vars pietersielie is ook heerlik.
Nota:
Moenie teveel water van die begin af gebruik nie, mens kan altyd weer aanpas.
Bedien op rys.
Variasie:
Meng rys met snoek, plaas in bak.
Klits 4 eiers en ¾ koppie melk tot goed gemeng.
Voeg ‘n koppie kaas by.
Skep die eiermengsel bo oor die snoek in die bak.
Plaas in oond van 180ºC en bak tot gestol (20 tot 40min)
Bedien saam met mengelslaai.
Resep: Elzette Olivier Jacobs
Foto: Adam Cloete