MONIQUE SE BILTONG QUICHE
6-8 porsies
KORS:
250 ml (1 koppie) koek meel
250 ml (1 koppie) gerasperde cheddar kaas
125 ml (1/2 koppie) harde botter
VULSEL:
15 ml (1 eetlepl) botter
4 preie (leeks) in dun ringetjies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
200 g baie dun skyfies biltong sonder vet in repies gesny
3 eiers
250 ml (1 koppie) room
125 ml (1/2 koppie) suurroom
15 ml (1 eetlepel) suurlemoensap
15 ml (1 eetlepel) gedroogde gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 160grade C
Kors:
Meng die bestandele in ‘n voedselverwerker tot ‘n sagte deeg, of vryf die botter en kaas met die vingerpunte by die meel in en meng tot ‘n deeg.
Voer ‘n 24cm tertbord of pan met deeg uit, maar moet dit nie bak nie.
Vulsel:
Verhit die botter en soteer die preie (leeks) en knoffel tot sag. Roer die biltong by en skep die mengsel in die tertkors.
Klits die eiers, room, suurroom, suurlemoensap en kruie saam. Geur na smaak en giet dit oor die biltongmengsel.
Bak dit 45 minute of tot goudbruin en gaar.
Sit dit warm of teen kamer temperatuur voor. Heerlik saam groen slaai
FOTO: Monique Grobbelaar en Mona Croucamp