“HELL HOT” RISSIESOUS
1 sakkie rissies
1 k olie
1 pakkie pickling spice
2 t sout
3 opgehoopte eetlepels mother in law spice
3 groot uie, opgekap
1 groot blik appelkooskonfyt
1/2 tot 1 k asyn
Sakkie rissies, fyn gekap in voedselverwerker. Braai in olie, voeg by die pakkie pickling spice, sout, mother-in-law spice, uie, appelkooskonfyt en asyn, prut tot gaar en bottel warm. Opsioneel kan jy atjar masala na smaak bysit
Resep en foto: Marianne de Beer