GIDEON SE GARNALE
Vanaand was dit ek en prons (garnale)
500 g skoongemaakte garnaal stertjies
½ koppie witwyn
1 koppie room
½ teelepel mosterd poeier
1 eetlepel fyn knoffel
1 eetlepel broodmeel
1 teelepel gekapte vars pietersielie
1 teelepel aromat
100 g botter
Verhit die botter en knoffel in n braaipan tot dit gesmelt is. Haal van die hitte af, voeg die meel by en roer goed sodat dit goed meng.
Voeg dan die wyn, room, mosterd en die aromat by en roer goed.
Bring die mengsel tot kookpunt en voeg die prons (garnale) by en kook vir 4 – 5 min.
Voeg dan die pietersielie by en meng goed.
Bedien saam met rys (ek’t sommer ‘n kelkie met kropslaai blare)
Resep en foto: Gideon Louw
geskuif