DUITSE WORS GEREG
1 groen soetrissie
1 Engelse komkommer
25 ml olie
1 blik (410 g) heel geskilde tamaties of 8 klein vars tamaties, ontvel
1 pak (500 g) varkworsies
sout en peper
paprika
Sny soetrissie in repies, verdeel die komkommer in die lengte in kwarte, verwyder die pitte en sny op in 1 cm stukkies.
Verhit olie in vlak pan en braai soetrissie tot sag, voeg komkommer by en braai verder.
Kap tamaties fyn en voeg by komkommermengsel en laat prut.
Verwyder intussen die vel van die varkworsies en rol in klein bolletjies en voeg by die komkommermengsel.
Bedek en prut stadig tot die vleis gaar is, geur na smaak met sout en peper en paprika.
Bedien met rys.
Resep en foto verskaf: Marianne de Beer
Marianne de Beer
Ek het uie en wortels saam die greenpepper gebraai wat nie in die resep is nie.
Comment aan tafel, “dis bitter bitter mooi.”
Eerste keer wat manlief gaar komkommer eet!
Ek het vars tamaties gebruik en nie n blik nie.
Ek het helfte porkbangers en helfte mutton bangers gebruik.