TERTIA SE RYK ROOMSPINASIE EN SAMPIOEN PASTA
Vanaand is dit ryk en lekker eet!
1 ui opgesny
Knoffel na smaak
1 pakkie gesnipperde spek
I pakkie russians opgesny
1 sakkie (klaar gewasde) spinasie opgesny
1 pakkie sampioene opgesny
Sout en peper na smaak
Bietjie suurlemoensap
250ml room
500ml suurroom
2 ‘wielietjies’ feta
250g pasta van jou keuse
Braai uie, voeg knoffel by en braai, voeg spek by en braai lekker bruin. Voeg dan russians by en braai. Gooi spinasie en sampioene by asook die sout, peper en suurlemoensap. As dié gaar is voeg die room en suurroom by en meng goed deur. Krummel die feta en meng die gekookte pasta (al dente) en laat staan vir ‘n rukkie.
Ek sny die spinasie en sampioene fyn om die 2 lekkerbekkies te flous. Jy kan suurroom en room se hoeveelheid omruil of minder of meer gebruik.
FOTO EN RESEP: Tertia Vivier Van Breda