NADIA SE MINI QUICHE CUPS
Ek het die idee op Pinterest gekry. Ek het brood gevat en die korsies afgesny en dit plat gerol met ‘n koekroller en dit dan in ‘n muffinpan gesit. En dan bak jy dit vir so 3 min. Anders as jy die eiermengsel net so ingooi, gaan die brood die eier opsuig.
Eier mengsel:
1 pakkie spek
1 koppie kaas, gerasper
1 leek
sampioene
250 ml room
4 eiers
sout en peper
Braai die spek, sampioene en leek saam. Laat dit bietjie afkoel. Meng dan saam met die kaas, room en eiers. Skep in die brood doppies en bak vir 15 min by 200°C.
Ek het sommer ‘n vinnige mengelslaai daarby gemaak.
Resep: Nadia Thölix
geskuif