LEKKER GEKOOKTE VERSIERSEL
Nog n lekker versiering om op die stoof te maak. Ou inwoners van Uitenhage sal onthou van die bakkery, Ramona, wat die heerlikste koeke en soutgebak gemaak het
Room vulsel
3 eetlepels botter,
4 eetlepels suiker
1 hoogvol eetlepel maizena
1 koppie melk
Metode
Maak pap van maizena en melk. Laat koud word. Klits suiker en botter tot room. Wanneer maizena koud is, klits botter mengsel in. Klits baie goed. Sit knippie sout en vanilla by
Bron: Anna-mare Rogers
Foto: Samantha Murphy