HOENDER QUICHE MET GEKARAMELISEERDE UIE
Kook ontbeende hoender borsies gaar met jou kruie en of speserye waarvan jy hou. “Flake” nou die hoendervleis. Gooi terug in kastrol. Ek het sommer n bietjie hoender roomsop poeier gebruik net om dit te bind.
Karameliseer die uie soos volg:
Sny uie in dun skywe, gehalveer
Braai in botter en olyfolie gemeng. Sowat n eetlepel van elk. Braai oor stadige hitte. Roer gereeld. Moet nie toelaat dat uie aanbrand. Gooi teelepel bruin suiker oor en knippie sout. Roer deur. Gooi eetlepel balsamuc asyn oor. Laat stadig prut.
Sit jou kors in quiche pannetjies
Skel uie onder in en hoender bo-op
Meng 1 kop room met 2 geklitste eiers. Sout en perper na smaak
Gooi bo-oor hoendervleis
Ek het bietjie kaas oorgestrooi en gerookte paprika bo-oor
Bak vir 35 min in 200°C oond op onderste rak van oond
Bedien saam met mengelslaai
Bron. My eie kombinasie -Marieta James