ANETTE SE BOTTER VERSIERSEL
Botter versiering resep wat ek gebruik het is een van die beste en maklikste om te maak.
400 gr sagte unsalted botter (nie margarine nie)
950 gr icing sugar
3 eet lepels volroom melk (as benodig)
Klits botter vir 5 minute op vinnig tot lig en romerig. Sif helfde van icing sugar in en vou eers stadig in. Dan klits vinnig vir 3 minute en vou die res in en klits vir verdere 5 minute op vinnig. Dit sal nou baie fluffy en lig wees.
Vir choloate geur sif half koppie cocoa en 3 eetlepels melk by en klop verdere 3-4 minute.
Vir suurlemoen gou 1 teelepel suurlemoen essence in en kop verdere 2 minute.
Resep en foto:Anette Scheepers