REENBOOG ROLKOEK
Ek was die bakster….. Dit is werklik koek, nie spons nie. Ek het ‘n gewone rolkoek resep gebruik, die deeg verdeel en gekleur, en met ‘n lepel die deeg in strepe in die pan geskep, ek het vinnig gewerk om te voorkom dat die deeg deurmemekaar loop….
1 koppie meel
3/4 koppie suiker
Vanilla geursel
5 ml bakpoeier
2 eetlepels kookwater
Sout
5 eiers
Klop die eiers en suiker goed. Sif droë bestanddele by. Klits baie. Bak vir 10 min
FOTO EN RESEP: San-Marie Keyser