1

KOM HUISTOE APPELTERT

kom huistoe appelterttested

KOM HUISTOE APPELTERT
3 eetlepels botter
1 koppie wit suiker
Kwart koppie melk
3 groot eiers
1 koppie koekmeelblom
1 teelepel bakpoeier
koppie vol fyngedrukte tert-appels
knypsie sout

Room die botter en suiker saam tot lig
Roer eiers een-een by mengse.
Sif meel, bakpoeier en sout by en voeg melk by
Gooi in gesmeerde oondbak
Sit fyn gedrukte tert-appels bo-oor.
Bak 25 – 30 minute by voorverhitte oond 180 º C

Sous:
Halwe koppie botter
1 koppie wit suiker
1 blikkie ideal melk

Meng als saam, maak warm en roer tot suiker opgelos is
Bring tot kook en gooi warm oor net as tert uit oond kom.
Foto: Chantel Van Staden  en Frances Smith
Foto:  Sommer bietjie caramalised appels bo-op gesit ook. – Jeanette Martins