JOHAN SE OLYFSMEER
Goeie naand het vanaand so bietjie lekker olyfsmeer gemaak en dis voorwaar baie lekker veral op soutkoekies of roosterbroodjies (snacks)
4 koppies ontpitte olywe
2 brandrissies een rooi en een groen pitte verwyder
6 halwe gedroogde tamaties
8 blare basielie kruid
2 eetlepels druiwe asyn
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels advocado olie
Slaan alles fyn met daai hand voedsel slanertjie hy werk die beste
FOTO EN RESEP: Johan Coetzee