IDEES VIR VIS ANDERS AS DIE GEWONE MEEL
Kotie Brooks
Was jou filette of stukke, was en druk droog, pak in oodvaste skottel, sout en vars gemaalde swartpeper, smeer redelik diket mayonnaise en strooi ook n dukkerige laag ontbyt vlokkies bo-oor en bak tot gaar en mooi goudbruin Dit is baie lekker
Ida Bouwer
Sit jou vis in n bak meng n pakkie wit uiesop poeier met n houer cottage cheese, gooi oor die vis en bak dit vir so 30 min. Heerlik verby
Rina Kleinhans
Ek pak ‘n lekker dik laag gekapte spinasie onder in die oondbak, dan die hake medalions bo op, dan ‘n lekker dik laag gekapte sampioene en laag gerasperde kaas, maak ‘n pakkie sampioensop poeier aan met ‘n 250ml room of dit hang af hoeveel vis jy het, gooi oor die gereg en bak in die oond by 180 grade tot die vis gaar en die sous lekker verdik het… bedien op rys.. dit is heerlik
Foto van die laaste gereg deur Anzette Geel