1

GIDEON SE SNOEK POFFERTJIES

gideon_ntested
GIDEON SE SNOEK POFFERTJIES
250 ml koekmeel
1 t bakpoeier
25 ml suiker
1 medium ui fyn gerasper
+- 1 k gepluisde snoek ons het oorskiet snoek gebruik
1 eier
1 e gesmelte botter
+- 75 ml melk
Sout na smaak
Olie vir diepbraai
Meng die eier en die melk ( klits effens )
En voeg al die ander bestandele by ( behalwe die olie ) en meng goed tot n beslag
Diepbraai in warm olie deur 60ml skeppies op n slag in te gooi !!

Foto: Gideon Louw