1

DENVER SE HOENDERPASTEI VULSEL

denver se hoendertested

DENVER SE HOENDERPASTEI VULSEL

Drie hoender bors stukke met vel
Drie all spice korrels
Drie naeltjies
Kwart teelepel peperkorrels
Een gekapte ui
Een lourier blaar
Sout en peper na smaak
Vyf eetlepels geweekte sago
Kook hoender en speserye in genoeg water tot baie sag.
Haal hoender uit en ontbeen en trek vel af.
Gooi uie in die pot en kook vir paar minute.
Haal die heel speserye uit.
Gooi die gevlokte hoender in en voeg sout en peper na smaak.
Gooi die geweekte sago by en kook tot sago deurskynend raak.
Gooi bietjies water as dit te droog lyk.
Koel af en maak pastei.
Gebruik self gemaakte blaar deeg of gekoopte deeg.
N/S
Geen poeiertjies en mushroom smaak.

RESEP EN FOTO:  Denver Petersen