RENE SE PANSMEER (VERVANG SPRAY AND COOK)
Ek maak die pansmeer, probeer dit gerus jy sal nie spyt wees nie. Werk beter as spray en cook het ek gevind.
1 koppie botter
1 koppie olie
1 koppie meel
Klits dit alles saam gooi in ‘n houer en bere in yskas. Haal so 5 min voor jy panne gaan smeer uit yskas en verf dit met ‘n kwassie in jou panne. Werk 100%.
Geplaas deur René Baxter
Foto’s: Benhet Nieuwenhuis
Submitted on new blog
Ek het hierdie pansmeer gemaak en WOW was ek nou verbaas! EK het geen papier onder in my koekpan gesit nie net gesmeer en hulle het pragtig uitgekom