PETRé SE MOSBESKUIT
2,5 kg koekmeel
250 g margarien
1 eetlepel sout
2 koppies suiker
2 eetlepels anys
2 pakkies kitsgis (pers pakkie)
1 blikkie kondensmelk
5 blikkies kookwater
Gooi kondensmelk, kookwater, suiker en margarien in kastrol en smelt . Roer tot suiker opgelos is.. Laat afkoel tot louwarm.
Voeg droë bestanddele bymekaar en meng goed. Voeg afgekoelde mengsel by droë bestanddele. Meng goed en knie vir om en by 20 minute. Indien te nat, voeg ‘n bietjie koekmeel by. Knie deur tot deeg van hande af is.
Maak goed toe met kleefplastiek en laat op warm plek rys tot dubbeld die hoeveelheid. Moenie afknie nie.
Maak golfbal groote balletjies en pak in groot broodpan. 3 by 9 balletjies. Laat rys panne vol.
Resep lewer 3 groot broodpanne. Orige deeg kan skuinskoek van gemaak word of gevries word vir volgende baksel.
Bak vir ongeveer 45 minute teen 150°C.
Skuinskoek
Rol deeg uit. Sny in stroke en sny dan in skuins stukke. Bak in diep olie tot goudbruin.
Ek het skuinskoek gebak, ‘n stropie aangemaak, die skuinskoek in die stroop gedompel en in kaneelsuiker en klapper gedruk. Anysbeskuit deeg is ook altyd in die vrieskas. Ontdooi ook vinnig.
Vir die stroop het ek sommer net suiker, water en suurlemoensap in ‘n kastrol gegooi en gekook tot dit ‘n lepel se agterkant bedek. Hier het ek geensins met mates gewerk nie.
Resep en fotos: Petré van Jaarsveld
Geskuif